Temba Travel

CRESTA MOWANA SAFARI RESORT & SPA

'n Luukse Lodge in Kasane by die Chobe Nasionale Park in Botswana

BOOK NOW AND ONLY PAY 5% ON YOUR BOOKING

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU>>

Oor Cresta Mowana Safari Resort & Spa

Dit is maklik om te sien hoekom Mowana Safari Lodge naby die Chobe Wildreservaat na ‘n kremetartboom vernoem is. Hierdie luukse Chobe lodge is om ‘n skouspelagtige 800-jaar-oue lid van die Adansonia digitata-spesie gebou. Legendes oor kremetartbome is volop. Een hiervan is dat God die kremetart uit die grond gepluk en kop-onderstebo op die grond neergesmyt het, omdat die boom aanhou loop het toe Hy dit die eerste keer in die grond van Chobe geplant het.

Mowana Safari Lodge is op die oewer van die Chobe-rivier geleë, waar die grense van vier Afrikalande (Botswana, Zambië, Namibië en Zimbabwe) mekaar ontmoet. Dit is ook waar die Chobe- en Zambezi-riviere saamvloei – en die Zambezi-rivier is die tuiste van die “Nyamiyami” (of riviergod). As jy dus meer van Afrika se mites en legendes wil leer, is die Chobe-gebied om Mowana Safari Lodge die ideale plek om te besoek!

Die Chobe Wildreservaat is beroemd vir ‘n reuse olifantbevolking – dit word gesê dat 45 000 van hierdie interessante diere die vlaktes van Chobe bewandel. Hulle deel hierdie gebied van bykans 10 000 vierkante kilometer met leeus, luiperd, kameelperd, jagluiperd, buffels, bykans 450 voëlspesies, asook puku en Chobe-bosbok, wat inheems aan Chobe Nasionale Park is.

Cresta Mowana Safari Resort & Spa - Presidential Suite
Cresta Mowana Safari Resort & Spa - Suite Bedroom

Die luukse Mowana Safari Lodge spog met ‘n unieke verkoopspunt: ‘n haarsalon in ‘n boomhuis! Die swembad is ook nou nie die gewone Olimpiese grootte poel nie. Mowana se swembad is so gebou dat dit met die omringende Chobe-landskap saamsmelt.

Ontwerpersjuweliersware en aandenkings kan by Mowana se kuriowinkel gekoop word. Vir die sportiewe gaste is daar tennisbane en ‘n 9-putjie gholfbaan.

Mowana Safari Lodge bied uitstekende cuisine met ‘n smakie van eksotiese Afrika by die Serondella Restaurant, terwyl jy jou dors by die Savuti-kroeg kan les as jy terugkeer van jou safari in Chobe. As jy bedags hongerig voel, sit die Boma-Terras ligte maaltye voor.

Mowana Safari Lodge sal seker maak dat die tyd wat jy in Chobe deurbring, die moeite werd is. Verken die gebied om hierdie luukse Chobe lodge te voet of op ‘n bergfiets. Probeer om ‘n tiervis te vang terwyl jy op die Chobe-rivier ronddryf in ‘n makoro of motorboot. Vir die avontuurlustiges is daar “river-rafting” op die Zambezi-rivier.

Mowana Safari Lodge bied talle geleenthede vir begeleide wildbesigtiging (met uiters kundige gidse) in die Chobe Nasionale Park. Dag- en nagtoere word aangebied. Ontbyt- of sonsondergangritte op die Chobe-rivier (met watertandlekkernye wat deur die gourmet-chefs van hierdie luukse Chobe lodge voorberei is) kan gereël word.

Die hoogtepunt van jou besoek aan Mowana Safari Lodge sal beslis ‘n helikopter-rit na die Victoria-watervalle wees. Jy kan dalk ook verkies om ‘n aandjie by ‘n naburige Afrika-dorpie deur te bring. Proe die heerlike Afrika-geregte om die kampvuur terwyl die tradisionele dansers die dansvloer oorneem. 

Sonsopkoms vanaf die Restaurant

Chobe River - Sunrise from restaurant

Chobe Rivier vanuit die hotelkamer

Chobe River from hotel room

Die luukse Mowana Safari Lodge naby die Chobe Wildreservaat is ‘n vier-ster bestemming. Gaste gaan in 112 luukse kamers en 4 suites tuis (almal is en suite en het lugversorging).

Alle kamers en suites kyk op die Chobe-rivier uit en is toegerus met tee-koffie-stasies, waaiers, mini-kroeg, haardroër, asook muskietnette en insekweermiddel. Kamers en suites by Mowana Safari Lodge het ook satelliet-TV en direktelyn-telefoon.

Mowana Safari Lodge naby die Chobe Wildreservaat bied ook kluise, eendag wasgoed- en droogskoonmaakdiens, beperkte kamerdiens en heen-en-weer-vervoer na die lughawe.

Vir sakebesoekers bied Mowana Safari Lodge konferensiefasiliteite vir 80 persone, ten volle toegerus met oorhoofse en LCD-projektor, muurskerm, video-opnemer, monitor en volledige videoprojektorstelsel. Reëlings vir enige bykomende vereistes kan getref word.


Cresta Mowana Safari Resort & Spa

Cresta Mowana Safari Resort & Spa